WELKOM BY NICO BOOIJSE SE WEBWERF

Wie is Nico Booijse

Nico Booijse is 36 jaar oud en is woonagtig in Kempton Park waar hy gebore is op 8 Desember 1977. Hy het sy Laerskool loopbaan voltooi by Bredell Laerskool en is na Gekombineerde Skool Noorderlig waar hy sy hoërskool loopbaan voltooi het met top prestasie in Koor, Skyfskiet en Tennis.

In 1995 sluit hy aan by n Christelike Teater groep by name van RUAG TEATER en in die volgende 3 jaar beryk die groep groot hoogtes.

Dit is Julie van 1999 waar Nico sy passie om op die verhoog te wees tussen sy mense n stap verder neem en hy stel sy eerste cd `LET ME LIVE` op 17 November 1999 vry voor n gepakte saal in Benoni. 2000 to 2004 gaan Nico se loopbaan van krag tot krag en in 2002 stel hy sy tweede cd `ORDINARY MAN` bekend.

2004 stel Nico sy eertse groot cd vry onder die leiding van Europe Africa Music en EMI, die cd getitel `GIRL VAN MOSSELBAAI` bereik groot hoogtes en is onder die top tien op nie minder as 5 radiostasies reg oor Suid-Afrika. Tussen 2005 en 2010 spandeer Nico baie tyd op die pad en in 2007 sien nog n cd die lug `STEMME`.

Einde 2010 met meer as 2000 vertonings op sy kerfstok stig Nico sy eie Musiek label `NICO BOOIJSE MUSIEK` en so sien sy eertse eie produksie `MY HART VAT VLAM` die lug en weer bewys Nico sy staal as liedtjie skrywer.

Nico toer die land vol en bekoor gehore oud en jonk met sy weergawe van top kunstenaars se liedjies met sy show Nico Booijse die beste cover show ooit!

In 2013 bring Nico op publieke aanvraag sy cd `MY BEGIN JARE 1999 - 2009` uit met liedjies van sy eerste cd totdie `STEMME`

2014 en dis tyd vir n nuwe vars cd met oorspronklike liedjies op en sy spog album `1000 DROME` sien binnekort die lig.




Google

Site Map